Die Parlement van Katalonië keur die verklaring van soewereiniteit goed

  • Traducció en afrikaans

VilaWeb
Traducció de Johan Meyer
27.01.2013 - 22:51

La premsa lliure no la paga el govern, la paguen els lectors


Fes-te de VilaWeb, fem-nos lliures

Aanhef

Die volk van Katalonië, dwarsdeur sy geskiedenis, het demokraties uiting aan sy verbintenis tot selfregering gegee, ten einde na meer vooruitgang, welsyn en gelyke geleenthede te streef vir al sy burgers, en om sy eie kultuur en sy eie kollektiewe identiteit te versterk.

Katalonië se selfregering is ook gebaseer op die historiese regte van die Katalaanse volk, op sy eeue-oue instellings en op die Katalaanse regstradisie. Katalaanse parlementarisme het sy oorsprong in die Middeleeue, met die Vergaderings van Vrede en Wapenstilstand (“Assemblees de Pau i Treva”) en die Graaf se Hof (“Cort Comtal”).

Die 14de eeu was die Algemene Raad (“Diputació del General”) of Generalitat geskep, wat progressief meer outonomie verkry het en uiteindelik ontwikkel het tot die regering van die Prinsdom van Katalonië tydens die 16de en 17de eeue. Die val van Barcelona in 1714, na die Suksessie-oorlog, lei tot die Dekreet van Nova Planta van Koning Filip V, wat die Katalaanse publiekreg en die Katalaanse instellings van selfregering afgeskaf het.

Hierdie historiese pad word gedeel met ander gebiede, en skep sodoende ‘n gemeenskaplike taalkundige, kulturele, sosiale en ekonomiese gebied, wat bestem is om versterk en bevorder te word op die basis van wedersydse erkenning.

Gedurende die 20ste eeu, was die Katalane konsekwent verbind tot selfbestuur. Die skepping van die Mancomunitat de Catalunya in 1914 was die eerste stap in die herstel van selfregering, wat later tydens die diktatuur van Primo de Rivera afgeskaf is. Met die proklamasie van die Tweede Spaanse Republiek in 1931, is ‘n Katalaanse regering gevorm onder die naam van die Generalitat van Katalonië, met ‘n Statuut van Outonomie.

Die Generalitat is in 1939 deur Generaal Franco afgeskaf, wat ‘n diktatuur gestig het wat tot 1975 geduur het. Hierdie diktatuur het ‘n aktiewe weerstand van die mense en die Regering van Katalonië in die gesig gestaar. Een van die hoogtepunte van die stryd vir vryheid was die skepping van die Vergadering van Katalonië (Assemblea de Catalunya) in 1971, voor die hervestiging van die Generalitat in 1977, op ‘n voorlopige grondslag, met die terugkeer van sy president-in-ballingskap. Tydens die oorgang na demokrasie, en in die raamwerk van die nuwe stelsel van outonome gemeenskappe gedefinieer deur die Spaanse Grondwet van 1978, het die Katalaanse volk die Statuut van Outonomie van Katalonië goedgekeur deur ‘n referendum in 1979 en die eerste verkiesing vir die Parlement van Katalonië is in 1980 gehou.

In die afgelope jare, met die oog op die verdieping van demokrasie, het ‘n meerderheid van die Katalaanse politieke en sosiale kragte aksies bevorder om die politieke en wetlike raamwerk te transformeer. Die mees onlangse poging was die proses van hervorming van die Statuut van Outonomie van Katalonië, geïnisieer deur die Katalaanse Parlement in 2005. Die struikelblokke en die weieringe deur die instellings van die Spaanse Staat, veral Vonnis 31/2010 van die Spaanse Grondwetlike Hof, het gelei tot ‘n radikale verwerping van die demokratiese ontwikkeling van die gesamentlike wil van die Katalaanse volk binne die Spaanse Staat en het die grondslag gelê vir ‘n agteruitgang in selfregering, wat vandag baie duidelik is in die politieke, bevoegdheids-, finansiële, sosiale, kulturele en linguistiese velde.

Die Katalaanse volk het op verskeie maniere sy bereidwilligheid uitgedruk om die huidige impasse binne die Spaanse Staat te oorkom. Massabetogings op 10 Julie 2010, onder die slagspreuk “Ons is ‘n nasie. Ons besluit”, en op 11 September 2012, onder die slagspreuk “Katalonië, nuwe staat in Europa”, druk die burgers se verwerping van die gebrek aan respek vir die besluite van die Katalaanse volk uit.

Op 27 September 2012, deur middel van Resolusie 742/IX, het die Parlement van Katalonië die noodsaaklikheid vir die Katalaanse volk om geraadpleeg te word om vrylik en demokraties sy gesamentlike toekoms te kan bepaal aangetoon. Die onlangse parlementêre verkiesings in Katalonië, wat op 25 November 2012 gehou is, het duidelik en ondubbelsinnig hierdie bereidwilligheid uitgedruk en bevestig.

Met die oog op die uitvoering van hierdie proses, het die Parlement van Katalonië, wat vergader het tydens die begin van die tiende parlementêre termyn, verteenwoordigend die wil van die burgers van Katalonië soos demokraties uitgedruk is in die laaste verkiesing, die volgende aanvaar:

Verklaring van soewereiniteit en van die reg om te besluit van die volk van Katalonië

In ooreenstemming met die wil wat demokraties uitgedruk is deur die meerderheid van die volk van Katalonië, die Parlement van Katalonië onderneem om die proses om die reg om te besluit uit te oefen aan die gang te sit sodat dat die burgers van Katalonië hul gesamentlike politieke toekoms kan besluit ooreenstemming met die volgende beginsels:

-Soewereiniteit. Die volk van Katalonië het, weens demokratiese wettigheid, die aard van ‘n soewereine politieke en wetlike onderwerp.

-Demokratiese wettigheid. Die proses van die uitoefening van die reg om te besluit sal streng demokraties wees en dit sal veral pluralisme en respek vir alle opsies verseker, deur middel van debat en dialoog in die Katalaanse samelewing, sodat die verklaring wat daaruit voortspruit die uitdrukking van die wil van die meerderheid van die volk is, wat die fundamentele borg van die reg om te besluit sal wees.

-Deursigtigheid. Al die nodige instrumente sal voorsien word sodat die Katalaanse volk en die burgerlike samelewing as ‘n geheel alle relevante inligting en kennis kan hê om die reg om te besluit uit te oefen en met die oog op die bevordering van hul deelname in die proses.

-Dialoog. Dialoog en onderhandelinge sal gehou word met die Spaanse staat, met die Europese instellings en met die internasionale gemeenskap as ‘n geheel.

-Sosiale samehorigheid. Die sosiale en territoriale samehorigheid van die land sal verseker wees, sowel as die wil uitgedruk deur die Katalaanse samelewing tydens baie geleenthede om Katalonië verenig te hou as een volk.

-Europeïsme. Die stigtingsbeginsels van die Europese Unie sal verdedig en bevorder word, spesifiek die basiese regte van die burgers, demokrasie, die verbintenis tot die welsyn staat en solidariteit tussen die verskillende volke van Europa en die verbintenis tot ekonomiese, sosiale en kulturele vooruitgang.

-Wettigheid. Alle bestaande wetlike raamwerke sal gebruik word om die versterking van demokrasie en die uitoefening van reg om te besluit te implementeer.

-Leidende rol van die Katalaanse Parlement. Die Katalaans Parlement, as die instelling wat die Katalaanse volk verteenwoordig, sal ‘n leidende rol speel in hierdie proses, en daarom moet die werksmeganismes en -metodes om hierdie beginsel te verseker, besluit en gespesifiseer word.

-Deelname. Die Parlement van Katalonië en die Regering van die Generalitat sal die aktiewe deelname verseker in hierdie proses van die plaaslike sfeer en van ‘n maksimum aantal politieke kragte, ekonomiese en sosiale agente en kulturele en burgerlike entiteite van Katalonië, en hulle sal die meganismes spesifiseer om hierdie beginsel te verseker.

Die Parlement van Katalonië moedig alle burgers om aktief deel te neem aan die demokratiese proses van die uitoefening van die reg om te besluit van die volk van Katalonië.

Paleis van die Parlement, 23 Januarie 2013

Recomanem

La premsa lliure no la paga el govern. La paguem els lectors.

Fes-te de VilaWeb, fem-nos lliures.

Fer-me'n subscriptor
des de 75€ l'any